Die inspirerende en diep roerende drama, Wild (2015), met die Oscar-wenner Reese Witherspoon in die hoofrol, is gebaseer op Cheryl Strayed se topverkoper-memoire.

Na onherstelbare persoonlike verlies en selfvernietigende keuses, begin Cheryl (Witherspoon) op ’n gewaagde solo-reis langs die ‘Pacific Crest Trail’ —’n 1770 kilometer lange tog van selfontdekking, genesing en verlossing. Terwyl sy die natuurelemente, uitputting en haar eie verlede trotseer, ontdek sy ’n innerlike krag waarvan sy nie bewus was nie. Wild, onder regie van Jean-Marc Vallée (Dallas Buyers Club), is ’n asemrowende en emosionele avontuur oor veerkragtigheid, hoop en die krag van die mens se gees.

Taal: Engels

Koste: R50 per persoon (springmielies en ‘n drankie ingesluit). 

UITVERKOOP!