Bekende fotograaf, redakteur, wild- en natuurentoesias en romanskrywer Justin Fox verg min bekendstelling. Sy jongste roman, The Wolf Hunt, het onlangs die 10,000 merker vir verkope verbygesteek – nogmaals ‘n aanduiding van Justin se verbeelding, sy vernuf en veelsydigheid. Sluit by die skrywer en Jonathan Amid aan soos Fox terugkeer na Oude Leeskamer om hierdie historiese blitsblaaier te bespreek. Die twee sal bespreek wat dit beteken om ontspanningsfiksie te skryf en wat ons steeds van die verlede deur middel van fiksie kan wys raak. Hierdie een wil jy nie misloop nie!
Woensdag 16 Oktober vanaf 15:30 tot 17:00 in Jannie se Leeskamer.
Klik asseblief hier om te bespreek.
Taal: Engels