Sluit by ons aan vir die boekbekendstelling van Twa die Tydloper, die langverwagte roman deur Anoeschka von Meck. ‘n Afdraaipad is nie ‘n ongerief nie maar ‘n onbeplande verkenningstog vir dié oudjoernalis. Kom verken die afdraaipaaie saam met Délani Spies waar Anoeschka se stories en spirituele reis mekaar ontmoet in die skepping van haar nuutste boek.

Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal. Kom luister hoe haar karakters hulself sonder waarskuwing bly aanmeld totdat hul geregmatige plek neergepen word. Soos Letgoed die Namavrou met reg vir die klein Twalie waarsku voor hulle Die Poort in die berggleuf binnekruip: “Ons is nou te ver om gedane sake om te draai, maar as jy vandag hier met my saamkom, moet jy weet daar gaan ’n geheim op jou skouers kom rus wat nie vir tjênners bedoel is nie.”

Woensdag 13 November vanaf 10:30 tot 12:30 in Jannie se Leeskamer.

Klik asseblief hier om te bespreek.

Taal: Afrikaans