Sluit gerus by ons aan vir ons tweede Werkswinkel vir Skrywers oor Karakterontwikkeling, waar jy die reis sal meemaak om selfontdekking en die ontginning van karakters te bemeester saam met Elizma Badenhorst van Connect Coaching. 

Elizma is uniek geposisioneer as ‘n gerespekteerde kunstenaar, regisseur, dosent en afrigter met ‘n groot belangstelling in menslike gedrag. Sy bestudeer die Enneagram Persoonlikheidstipestelsel sedert 2008 en is ‘n internasionaal geakkrediteerde InnerLifeSkills Enneagram en Verhoudingsafrigter. Met hierdie werkswinkel word nege Enneagram tipes ondersoek, ‘n kragtige handleiding om unieke en veelvlakkige karakters te skep.

Elke module is so ontwerp dat jou begrip van persoonlikheid en karakterontwikkeling sal verdiep, wat jou sal help om meer kreatief en outentiek te skryf. Deur ‘n mengsel van kreatiwiteit en sielkundige insigte poog die werkswinkel om skrywers te bemagtig om hul potensiaal uit te leef. Of jy ‘n groentjie is of reeds lank skryf, hierdie werkswinkel is dalk net die ding om jou daardie hupstoot te gee! 

Koste: R2000 (Alle verversings en ’n gedrukte module-pakket ingesluit)

Klik asseblief hier om te bespreek.