Sluit of Woensdag die 26ste of Donderdag 27 Julie by ons aan vir ‘n aand saam met De Eetkamer se Sous Chef, Nico Ackermann, en Kurator, Clara Babette, vir ‘n eksklusiewe aand van heerlike kos, wyn en kuns in Oude Leeskamer se Galery. Die aand sal uit vier gange bestaan, wat elk deur Sous Chef Nico geskep is na aanleiding van kunswerke wat in ons huidige Chromatic Horizons uitstalling vertoon word.
Tyd: 18:00 (Kurator Rondloop om 18:15)
Koste: R850 (sluit wynproe en diensfooi in)
Baie beperkte spasie – bespreking is noodsaaklik!