Die HA!Man se Musiekuitvoering (21 Februarie 2023)

When

February 21, 2023    
12:00 am

Bookings

Bookings closed

Event Type

Op Dinsdag die 21ste Februarie om 18h30 bied Oude Leeskamer graag die vertoning van Die HA!Man aan in ons galeryruimte.

Die HA!Man (Francois le Roux), hoewel opgelei as klassieke komponis, tjellis en pianis, se geheel-oorspronklike musiek put inspirasie uit ‘n wye reeks style en tradisies. Hy maak veral gebruik van improvisasie en elektroniese begeleiding. Daar is geen vaste program nie, aangesien elke uitvoering bestaan uit ‘n reeks klanke wat op ‘n unieke wyse ontvou. Die gehoor se aandag word geboei met die energie waardeur elke nuwe inspirasie ingelei word.

Toegang is gratis en skenkingstasies vir Die HA!Man se optrede sal beskikbaar wees. Om plek te bespreek is ‘n moet!

Stuur asseblief ‘n e-pos aan events@oudeleeskamer.org om u plek(ke) te bespreek.

Bookings

Bookings are closed for this event.