Skatryk Bekendstelling (Woensdag 19 April 2023)

When

April 19, 2023    
12:00 am

Bookings

Bookings closed

Event Type

Oude Leeskamer nooi jou na die boekbekendstelling van Johan Fourie se nuutste boek, Skatryk: Waarom ons beter leef as ons voorsate, op Woensdag die 19de April om 17h30 vir 18h00. 

Hoekom is ons ryker as ons voorsate? Wat het ‘n Indonesiese vulkaan met die Groot Trek te doene? Hoe wen jy ‘n Wêreldbeker? En wat het Karel die Grote gemeen met koning Zwelethini? Dit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapportrubriekskrywer Johan Fourie onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare ekonomiese geskiedenis wat strek van die migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot vandag. Skatryk is ‘n boeiende reis deur die geskiedenis wat ons wys hoe welvaart geskep en uitgebou word. Hoekom floreer een groep, maar ‘n ander bly ‘n sukkelbestaan voer? Fourie verduidelik in sy unieke, vermaaklike styl vol onverwagse feite waarom die bouers van ‘n samelewing – eerder as dié wat afbreek – uiteindelik seëvier.

E-pos asseblief vir Clara by events@oudeleeskamer.org om jou sitplek(ke) te bespreek, aangesien plek beperk is (toegang is gratis).

Bookings

Bookings are closed for this event.