
Kunsgalery
Die Oude Leeskamer Kunsgalery is ’n eklektiese ruimte waar toonaangewende werke van Suid-Afrikaanse visuele kunstenaars uitgestal word.
Dit is die visie van die Oude Leeskamer Kunsgalery om ʼn lewende en aktuele ruimte te wees wat gesprekvoering bevorder en die skep van gehalte– visuele kuns in Suid-Afrika ondersteun. Jannie Mouton se persoonlike kunsversameling sal in die toekoms in die fasiliteit se kunsargief bewaar word en sodoende deel raak van die uitstallings wat aangebied word.