[/db_pb_menu][/db_pb_menu]
[/db_pb_menu]

Jannie se Leeskamer

Jannie se Leeskamer is ’n lokaal wat Jannie Mouton se lewenslange passie vir lees en boeke belig. Dit huisves sy persoonlike boekversameling wat beskikbaar gestel word aan die publiek om in stilte te lees, of vir navorsingsdoeleindes te benut.

Mouton se boekversameling is die grootste privaat Afrikaanse versameling van sy soort; dit bestaan uit 3000+ boeke, wat, as dit teen mekaar gepak word, oor meer as 100m strek! En die versameling brei steeds uit. Mouton se groot liefde lê by Afrikaanse letterkunde, daarom dat die grootste gedeelte van hierdie versameling uit romans en digbundels bestaan. ʼn Kosbare aspek van hierdie leeskamer is die byna volledige versameling Hertzogpryswenners. Dit is voorwaar ʼn kultuurskat.

Facebook
Instagram