JANNIE MOUTON STIGTING

Die Oude Leeskamer huisves die hoofkantoor van die Jannie Mouton Stigting. Hierdie organisasie is in die lewe geroep deur Mouton weens sy liefde vir ons land en sy geloof in die belowende toekoms van Suid-Afrika en haar mense. Die Stigting ondersteun ʼn verskeidenheid projekte, met spesifieke fokus op die Wes-Kaap.