

Skrywerskamer
Die Oude Leeskamer met sy ryk en stimulerende inhoud, en aangename dorpsligging, bied ook ʼn splinternuwe woonstel aan lede van die skrywerspubliek. Hierdie eenheid is geskep om as korttermyn woonplek te dien vir skrywers om sonder onderbreking skeppend te kan skryf.
Die woonstel is ten volle gemeubileer en sluit slaapgeriewe, ʼn badkamer, lessenaar en ʼn klein kombuisarea in. Ander ruimtes in die Oude Leeskamer sal ook tot die gas se beskikking wees.
Vergunning van gebruik vind op uitnodiging plaas.