Ons sien uit daarna om Wendy Maartens, geliefde skrywer van kinder- en jeugboeke, te verwelkom vir die bekendstelling van haar nuutste bundel, Afrikanerkind – Boerestories, op 13 September om 11:00 by die Oude Leeskamer.

In haar nuutste bundel deel Wendy roerende verhale — gesien deur die oë van kinders soos Nellie Botha, Helena Lotrie en Jan Uys — oor die Anglo-Boereoorlog, die Groot Trek en die Groot Griep van 1918.

Die stories beklemtoon trots, identiteit en versoening, en wys hoe mense deur die jare heen mekaar gehelp en met liefde gedien het. ’n Moderne raamverhaal oor emigrasie bring hierdie geskiedenis by vandag se jong lesers tuis.

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans