Sluit gerus by ons aan op Dinsdag 19 Maart van 18:00 tot 19:30 vir die bekendstelling van Christine Lazarus se digbundel Akal Esh; wat ’n versameling van 82 Afrikaanse gedigte is. Elke gedig is op haar lewensverhaal gegrond en draai om hartseer, genesing en hoop.
Die linnehardebandomslag en bladsye binne-in sluit kunswerke in van die Suid-Afrikaanse kunstenaar en Christine se skoondogter, Lizelle Lazarus.
E-pos vir Délani by events@oudeleeskamer.org om jou plek to bespreek.