All Rise: Tales of Human Rights & Wrongs deur Roger Chennells is ‘n roerende en aangrypende verrekening van een man se lewe: ‘n bestaan gewy aan die stryd vir menswaardigheid vir gemarginaliseerde gemeenskappe. As gerespekteerde Suid-Afrikaanse menseregte prokureur en bekende konflik- en probleemoplosser bied Roger ‘n bedagsame en menslike blik en verskeidenheid staaltjies, en skryf hy oor wetlike uitdagings en waarlik unieke ervarings. Hierdie boek word onderskei van enigiets soortgelyk deur die helder uitbeelding van diverse persone wat oor Roger se pad kom, van eksentrieke plaaslike figure tot inheemse genesers. Die gemeenskapswerk wat Roger Chennells doen word sodoende belig met meelewing en insig.
Sluit 4 September by Jonathan Amid en Roger in Jannie se Leeskamer aan soos hulle Roger se merkwaardige reis van nader af bekyk en saam daaroor besin.
Taal: Engels
E-pos vir Carin by info@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.
Woensdag 4 September vanaf 15:30 tot 16:30 in Jannie se Leeskamer.