Die Afrikaanse lekkerlees-roman Die dekonstruksie van Retta Blom (Kwela) het pas sy buiging as film gemaak. Lauretta Blom, ma, vrou en vriendin van vele, word beskou as iemand wat tussen die lyne inkleur. Dis egter wanneer sy haar beige bestaanswêreld begin bevraagteken dat sy ontdek wie sy werklik is.
Kom luister na die skrywer, Zelda Bezuidenhout, draaiboekskrywer, Henriëtta Gryffenberg, en aktrise, Antoinette Louw, terwyl ons die fyn konstruksie van boek tot skerm op 21 Augustus om 18:00 in die Oude Leeskamer galery bespreek.
Kliek hier om jou plek te bespreek.
Taal: Afrikaans
