Films wat op boeke gegrond is, is lank reeds ’n lekkerte wat lesers en kykers van Suid-Afrikaanse titels geniet. Die gewilde trefferboek deur Annie Klopper, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, waarop die film gegrond is, is in 2018 gepubliseer en vyf jaar later omskep in ’n film deur Kabous Meiring, wat met dié fliek haar debuut as rolprentregisseur maak.
Sluit op Woensdag 11 Junie om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n bespreking met regisseur, Kabous Meiring en draaiboekskrywer, Bibi Slippers.
Silwerskermfeeswenner 2023: Beste aktrise (Carla Smit), beste draaiboek (Elanie Rupping en Bibi Slippers), beste redigering (Eva du Preez) en beste kinematografie (Johannes Pieter Nel).
Taal: Afrikaans
Kliek hier om te bespreek.