Kom kuier saam met ons op Woensdag 4 Junie om 18:00 in Jannie se Leeskamer vir die vertoning van Die tragiese saak van Pamina Vermaak in afwagting van ons Boek tot Skerm-aand die volgende week.

Pamina Vermaak is gefrustreerd en werkloos na ’n uitval met haar baas. Sy laat haar liewe daggakop-geliefde agter en keer huiswaarts. Hier konfronteer sy haar foute en haar vervreemde broer. Intussen moet die musikant Wolf de Jager – skeppend geblok, reputasie aan flarde ná sy verloofde se publieke affair en ’n morsige insident op die verhoog – homself weer vind op ’n klein dorpie. Pamina moet leer om verantwoordelikheid te aanvaar en Wolf . . . wel, dalk kan die vurige brunet hom weer regruk.

Taal: Afrikaans

Koste: R50 per persoon (springmielies en ’n drankie ingesluit)

Kliek hier om te bespreek.