Burning down the house is ’n vurige nuwe versameling wat die varsste en belangrikste hedendaagse feministiese stemme bymekaarbring. Deels manifes, deels liefdesbrief, deels verset-optrede, ontketen hierdie persoonlike essays gesprekke oor populêre kultuur en hoe die persoonlike inderwaarheid polities is. Wat gebeur wanneer ons die ou stories aan die brand steek en ons eie vertel?
Sluit op 17 November om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n bespreking van ruimte vanuit ’n feministiese oogpunt, met Stella Viljoen, Chan Croeser, Che Adams, Kiasha Naidoo en Waratwa Zanokuhle Miya.
“Hierdie boek wil ek in ’n argitektuur en ’n kaart omskep.” – Gabeba Baderoon
Kliek hier om jou plek te bespreek.
Taal: Engels
