Kom luister na hierdie gesprek tussen Bibi Slippers en Tom Dreyer oor sy nuutste digbundel, Brief op veertigduisend voet.

Hierdie bundel verweef natuur- en reisgedigte wat die mens se verhouding met sy omgewing ondersoek met roerende, dog onsentimentele, liefdesgedigte wat menseverhoudings verbeeld – van ooptes en ongekarteerde ruimtes tot die broosheid van liefde en menslike verbondenheid. Met liriese skerpte en emosionele diepte verken Dreyer die onsekerheid én avontuur van die post-postmoderne bestaan.

’n Aand van poësie, gesprek en verdieping wat jy nie wil misloop nie.

Bespreek jou plek hier.

Taal: Afrikaans