Vind jou kreatiewe gees by ons Botaniese
Collage Werkswinkel met die wonderlike Chloe Obermeyer van Cleo Creates!
Sluit die oggend vanaf 10:00 tot 13:00 by ons aan in die galery. Hier sal jy leer hoe om mooi kuns te skep, deur die natuurskoon gevoed. Collage is nie slegs ‘n medium vir finale stukke kuns nie – die modus gee jou die geleentheid om eindeloos te skaaf en te skep. In hierdie werkswinkel sal jy collage intiem leer ken, en opnuut verstaan hoe om prentvondse images, botaniese persstukke en ander materiaal aan te wend om jou eie stempel af te druk. Die werkswinkel bied iets vir absoluut almal!
Ingesluit is die gebruik van ‘n skêr, gom, gedrukte media, tydskrifte, boeke, verf en penne en potlode om mee te skets. Bonus: Chloe sal ‘n verrassing bied in die vorm van botaniese persstukke om die kuns nog mooier te maak.
R700 per persoon (materiaal en verversings alles ingesluit).
Stuur ‘n e-pos aan Clara by events@oudeleeskamer.org om plek te bespreek (plekke is streng beperk).