Sluit op 15 September om 18:00 aan by die gesprek tussen Kabous Meiring en geskiedkundige skrywer Ruhan Fourie, outeur van Christian Nationalism and Anticommunism in Twentieth-Century South Africa.

Fourie, wenner van die 2025 Desmond Tutu-Gerrit Brand Prys vir beste debuutwerk in Christelike media, is verbonde aan die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy spesialiseer in Afrikanernasionalisme, antikommunisme en, tans, die lewe van Beyers Naudé. Moenie hierdie gesprek misloop nie!

Kliek hier om jou plek te bespreek.