Ons is verheug om die talentvolle Chloe Obermeyer van Cleo Creates terug te nooi vir haar tweede collage werkswinkel! Hierdie raakvat-oggendsessie sal die Saterdag in ons galery se ruimtes plaasvind. Hier sal deelnemers die geleentheid vind om op unieke wyse hul eiesoortige kreatiwiteit en skeppende energie te ontsluit – dit deur die medium van collage. Chloe, welbekend vir haar lewendige en verbeeldingryke werk, sal deelnemers deur die verskeie tegnieke en werksaamhede begelei. So sal elk hul eie meesterwerke kan skep! Of jy nou ‘n beginner of ervare kunstenaar is, hierdie werkswinkel beloof om jou kunssinnigheid te laat vlamvat – en om jou met ‘n kunswerk of twee huistoe te stuur wat jy nooit sal vergeet nie.

Koste: R650 met alle benodigdhede ingesluit. Dit sluit in die gebruik van ‘n skêr, gom, gedrukte beelde, tydskrifte, boeke, en ‘n versameling verf en teken gereedskap. Verversings sal bedien word.

Saterdag 17 Augustus vanaf 10:00 tot 13:00 in ons galery

E-pos vir Clara by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.