Sluit aan by Jonathan Amid en Jaco Strydom in Jannie se Leeskamer vir die boekbekendstelling van Daka. Jaco Strydom is ’n gebore reisiger en avonturier, en sy ervaringe aan die kus van Mosambiek en die omliggende eilandjies kom sterk na vore in hierdie verhaal. Die leser word weggevoer op ’n reis na dieper gewaarwordinge, misterieuse ervarings en ’n figuurlike swerftog na die geestelike betekenisse van die lewe in die mens se soeke na identiteit en gemeenskap. Daka is Jaco Strydom se eerste roman en sy vierde boek.
E-pos vir Carin by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.
Dinsdag 6 Augustus vanaf 15:30 to 16:30 in Jannie se Leeskamer.
Taal: Afrikaans