Sommige stories wag ’n leeftyd vir die regte oomblik. Ná bykans 48 jaar vind Philip de Vos se vrolike avontuur, Die jaar toe dit gemmerbier gereën het, uiteindelik sy pad van die laai na die rak. Geskryf in 1977 maar lank vergete, verskyn dit nou in ’n splinternuwe uitgawe, uitgegee deur Human & Rousseau, met verbeeldingryke illustrasies deur Theodore Key.
Soos met al De Vos se werk, is hierdie boek ’n feestelike bederf – vir kinders én vir die grootmense en grootjies wat steeds ’n bietjie kind in hul hart dra. Die storie borrel oor van pret: ’n vrou met ’n rooi sambreel, geheimsinnige wakiste, verlore kinders, ’n waaghalsige lug-ontsnapping en natuurlik 123 bottels gemmerbier!
By die bekendstelling gesels Magdel Vorster met Philip de Vos oor hierdie langverwagte skat en die avonture agter die bladsye.
Kliek hier om jou plek te bespreek en laat die gemmerbier reën!
Taal: Afrikaans
