As jou kind lief is vir jeugromans vol avontuur, misterie en ’n tikkie magie – dan is hierdie boek vir hulle! Sluit by ons aan vir die bekendstelling van Troula Goosen se opwindende nuwe kinderfiksie (12+), Die kasteel van die Blou Draak, op Dinsdag 17 Maart om 15:30.
 
Troula is ’n bekroonde skrywer – haar eerste roman het ’n ATKV-Woordveertjie gewen, waarna nog nege romans die lig gesien het.
 
Wat begin as ’n vakansie in Italië, ontaard in ’n asemrowende tydreis-avontuur by die indrukwekkende Castello di Zumelle – met tydreisende ridders, ’n wraaksugtige gravin en die geheimsinnige legende van die Blou Draak!
 
Dis die perfekte lees vir jong tieners wat hou van sterk karakters en stories wat hulle laat glo enigiets is moontlik. Die gesprek word gelei deur Magdel Vorster, wat saam met Troula die wêreld agter hierdie magiese verhaal gaan oopmaak. Die geleentheid is oop vir almal – ouers, jong lesers en enige boekliefhebber. Kom luister, beleef en vier saam.
 

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans