Kom geniet ‘n aand van literatuur met Stellenbosser Carel van der Merwe, in gesprek met Etienne Bloemhof oor sy nuutste roman, Die Serwiër op Dinsdag 9 Junie vanaf 18:00 tot 19:30 in Jannie se Leeskamer.

Viktor Vesić glo nie in ‘n hiernamaals waar die goeies beloon word en skuldiges moet boete doen nie. Almal wat aandadig was moet in hierdie lewe gestraf word. In Serwiër lig Van der Merwe die sluier op Suid-Afrika se verstrengelde kriminele en politieke onderwêreld wanneer ‘n Serwiese geheime agent en ‘n dwelmsindikaat se paaie in Kaapstad kruis.

Moenie hierdie boekgesprek misloop nie. Bespreek jou sitplek hier.

Taal: Afrikaans