As deel van die eeuviering van Afrikaans as ’n amptelike taal het Oude Leeskamer, in samewerking met die Woorde open Wêrelde (WOW) Woordfees-projek, ’n digkompetisie tydens die Maak los jou tong-gesprekke geloods. Leerders van plaaslike hoërskole is tydens oggend- en middagsessies in ons ruimte verwelkom, waar hulle inspirasie uit digters soos Bibi Slippers, Jolyn Phillips, Veronique Jephtas en Ashwin Arendse kon put. In November word hulle bederf met praatjies deur die nuutste Jan Rabie-Rapport-pryswenner, Nathan Trantraal, asook Ryan Pedro.
Ons nooi graag elke hoërskoolleerder uit om aan hierdie digkompetisie deel te neem.
Sê jou sê. Dig in jou ma se tong. Sêrrit met woorde. Deel jou komvandaan. Toor met klanke. Dink hardop en skryf los jou taal!
Inskrywings is in jóú Afrikaans en kan aan admin@oudeleeskamer.org gestuur word.
Inskrywings sluit op 31 Desember 2025.
Vir meer inligting oor die WOW-projek, kliek hier.
