Alle aspirant- en stokperdjiedigters word hartlik uitgenooi na ons heel eerste Digslypskool op Saterdag 25 April – ’n unieke geleentheid saam met die bekroonde digter Danie Marais. Hierdie intensiewe, inspirerende werksessie vind plaas in Jannie se Leeskamer van 09:00 tot 16:00, met ’n middagpouse om asem te skep, idees te laat broei en kreatiewe energie te herlaai.

Of jy reeds skryf of nog net droom om te begin, hierdie slypskool bied:

  • Praktiese leiding deur ’n gevestigde stem in die Afrikaanse letterkunde
  • Kreatiewe oefeninge om jou skryfwerk te slyp
  • Waardevolle terugvoer en inspirasie
  • ’n Geleentheid om deel te word van ’n groeiende diggemeenskap.

Kom ontdek nuwe moontlikhede met woorde.

Koste: R500 per persoon (drankies ingesluit)

Bring jou eie middagete saam of ondersteun een van die uitstekende restaurante in die hartjie van Stellenbosch. Plek is beperk – bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom!

Bespreek jou plek hier.

Taal: Afrikaans