Hoe om jou pad uit troebel water te vind is een van die temas wat Martin Steyn in sy eerste roman sedert 2018 ondersoek. Donker Water is oudergewoonte uitmuntende misdaadfiksie en ‘n boek waarvoor Steyn se aanhangers lank reeds wag. Sluit die 18de by Martin en Jonathan Amid aan in Jannie se Leeskamer: Martin is steeds een van die land se topskrywers, en met Donker Water ontgin hy nogmaals sterk, komplekse karakters wat lewensgetrou uitgebeeld word. Dan is daar die balans, eksieperfeksie, tussen stilte en rustigheid en spanning, tussen menslikheid en lewensgevaarlike uitdagings. Moenie hierdie gesprek misloop nie.
Taal: Afrikaans
Stuur gerus vir Carin ‘n e-pos by info@oudeleeskamer.org om jou sitplek te bespreek.
18 September vanaf 15:30 tot 16:30 in Jannie se Leeskamer.