Filmskool Vertoning (Woensdag 21 Junie 2023)

Op Woensdag die 21ste Junie, vanaf 17h30 tot 19h00, bied Dorette Potgieter en haar Filmskoolleerlinge hul debuntvertoonvenster aan. Die gehoor sal die graad 8 tot 12 leerders se 1ste en 2de kwartaalwerk en twee films te siene kry. Dorette Potgieter sal die aand afsluit met ‘n VGA sessie oor die werk gelewer. E-pos asseblief vir Clara by events@oudeleeskamer.org om jou sitplek te bespreek.