Pamina Vermaak is gefrustreerd en werkloos na ‘n uitval met haar baas. Sy laat haar liewe daggakop-geliefde agter en keer huiswaarts. Hier konfronteer sy haar foute en haar vervreemde broer. Intussen moet die musikant Wolf de Jager – skeppend geblok, reputasie aan flarde na sy verloofde se publieke affair en ‘n morsige insident op die verhoog – homself weer vind op ‘n klein dorpie. Pamina moet leer om verantwoordelikheid te neem en Wolf, wel, dalk kan die vurige brunet hom weer regruk.

Sluit by ons aan in Jannie se Leeskamer saam met die regisseur van die prent, Kabous MeiringVrydag 19 Julie tussen 18:00 en 20:00.

Springmielies en koeldrank is R50. Stuur gerus ‘n e-pos aan Carin by info@oudeleeskamer.org om plek te bespreek (R50 per persoon).