Sluit aan by ons vir die eerste Fliekniek van die jaar vir die vertoning van die 1987 klassieke film, ‘Dirty Dancing’ op Donderdag 25 of Vrydag 26 Januarie vanaf 18:00 tot 20:00.
In die somer van 1963 hou die onskuldige 17-jarige Baby (Jennifer Grey) saam met haar ouers vakansie by ‘n Catskills-oord. Een aand gaan Baby op ‘n iuandeling deur die tuin en word verlei deur roerende musiek wat uit die personeelkwartiere kom. So ontmoet sy vir Johnny (Patrick Swayze), die hoteldansinstrukteur. Baby is naïef en Johnny vol wêreldervaring.
Springmielies en ‘n drankie is R50. E-pos asseblief vir Carin by info@oudeleeskamer.org om jou sitplek te bespreek (R50 per persoon).