Kom vier Nasionale Vrouemaand saam met ons met ’n spesiale vertoning van Greta Gerwig se Little women (2019) in die intieme ruimte van Jannie se Leeskamer. Die film, verwerk van Louisa May Alcott se geliefde roman (1868), is ’n teer, begeesterde herverbeelding van die March-susters se wêreld – een wat ambisie, kreatiwiteit, susterskap en die stille (en minder stille) maniere waarop vroue hul eie lewens vorm, ondersoek.
Ons nooi jou uit om hierdie pragtig herverbeelde klassieke verhaal te beleef saam met die mense wat jou eie storie gevorm het – of dit nou susters, moeders, vriende, lewensmaats of mentors is.
Koste: R50 per persoon (springmielies en ’n koeldrank ingesluit)
Kliek hier om jou plek te bespreek.
Taal: Engels
