Maak gereed vir ‘n aand van intense drama en vlymskerp maatskaplike kommentaar met Parasite, die grensverskuiwende rolprent wat wêreldwye gehore se verbeelding aangegryp het. Regisseur Bong Joon-Ho se Oscar-wenner is ‘n meesterstuk wat diep delf in die verskille tussen twee gesinne wat nie sommer veel meer kan verskil nie. Een is uiters welgesteld en die ander sukkel om ‘n bestaan te voer. Met die briljante vermenging van galgehumor, spanning, intrige en onverwagse draaie is Parasite eenvoudig meesterlik: temas van die klassestryd, ambisie en dit waartoe mense in staat is word onvergeetlik ontgin.

Taal: Koreaans 

Springmielies en koeldrank is R50.

Stuur gerus ‘n e-pos aan Carin by info@oudeleeskamer.org om jou fliekkaartjie te bespreek (R50 per persoon).

Donderdag 5 of Vrydag 6 September vanaf 18:00 tot 20:00 in Jannie se Leeskamer.