Kom ervaar op Donderdag 4 en Vrydag 5 April vanaf 18:00 tot 20:00 die aangrypende skoonheid van Alfonso Cuarón se ‘Roma’, ’n rolprentmeesterstuk wat jou op ’n intieme reis neem deur die lewe van ’n gesin en hul toegewyde huishoudster in Mexiko-stad in die 1970’s. Met pragtige swart-en-wit kinematografie en eerlike vertelling bekoor ‘Roma’ gehore met ’n diep verkenning van liefde, verlies en veerkragtigheid.

 
Springmielies en ‘n drankie is R50. E-pos asseblief vir Carin by info@oudeleeskamer.org om jou sitplek te bespreek (R50 per persoon).