Herbesoek die ikoniese tagtigs met ons spesiale vertoning van The Breakfast Club.
Sluit by ons aan vir ‘n nostalgiese rit die verlede in: ons herbesoek ‘n geliefde rolprent wat die essensie van tienerangs, rebelsheid en kameraderie vasvang. Volg die reis van vyf hoërskoolleerlinge van verskillende agtergronde saamgesnoer weens Saterdagmiddag-detensie; skynbaar is hul tog nie so verskillend nie. Met onthoubare karakters, spitsvondige dialoog, puik klankbaan en vele roerende oomblikke bied The Breakfast Club ‘n aand van humor, refleksie en dalk selfs ‘n paar trane vir wat was. Bring jou vriende, sit terug, en geniet.
Vertonings:
Donderdag 1 Augustus vanaf 18:00 tot 20:00
Vrydag 2 Augustus vanaf 18:00 tot 20:00
Springmielies en koeldrank is R50. Stuur gerus ‘n e-pos aan Carin by info@oudeleeskamer.org om plek te bespreek (R50 per persoon).