Skool is vir ‘n rukkie klaar: tyd vir avontuur!

Maak gereed vir ‘n inspirerende middag-fliek: die geliefde en klassieke Pixar animasieprent, UP. Sluit aan by ons soos ons die reis van Carl en Russel meemaak – die twee sweef tot nuwe hoogtes in ‘n hartroerende verhaal van vriendskap, moed en die lewenskragtigheid van droom. Hierdie vertoning bied die ideale geleentheid vir gesinne om byeen te kom gedurende die skoolvakansie en om onvergeetlike herinneringe te skep in Jannie se Leeskamer met ons knus Fliekniek vertonings. Bring die hele gesin! Hier wag ‘n avontuur wat jou sal inspireer en jou hart warm sal laat klop met ‘n gelag, trane en sommer baie pret.

Vertonings:

Donderdag 4 Julie vanaf 14:00 tot 16:00

Vrydag 5 Julie vanaf 14:00 tot 16:00

Springmielies en koeldrank is R50. Stuur gerus ‘n e-pos aan Carin by info@oudeleeskamer.org om plek te bespreek (R50 per persoon).