Kort op die hakke van ons ongelooflike huidige uitstalling, nooi Oude Leeskamer jou graag na die opening van ons volgende een op Saterdag 10 Mei om 11:00.

Followed by Nine Zeros: Experiments in Deep Time – saamgestel in samewerking met Ernst van der Wal, medeprofessor aan die Universiteit Stellenbosch se Visuele Kunste-departement – is ’n groepuitstalling waarin kunstenaars genooi word om werk(e) rondom die tema van diep tyd te skep.

Die titel van hierdie uitstalling is afkomstig van die numeriese voorstelling van diep tyd, wat algemeen gesien ​​word as ’n geologiese tydraamwerk wat oor ongeveer 4,6 miljard jaar strek – oftewel 4,6 gevolg deur nege nulle. Ons stel belang in die manier waarop daar in kontemporêre visuele en soniese kuns na diep tyd verwys word (hetsy in konsep, uitkoms of proses) en vra deelnemende kunstenaars om op geologiese en filosofiese begrippe van diep tyd te reageer. Diep tyd het betrekking op kosmologiese en geologiese temporalieë wat anderkant die Antroposeen lê, wat ’n ryk teelaarde vir kreatiewe omgang met en verbeelding van tyd en plek bied.

Deelnemende kunstenaars: Michael Bräuer, Georgia Munnik, Water Dixon, Gerhard Marx, Jean Brundrit, Abdus Salaam, Antoni Schonken en Gerhard Roux.