Sluit aan by René de Wit vir die boekbekendstelling van Anna-Bet Stemmet se bundel, Goed wat gebeur het met mense op plekke op Saterdag 17 Januarie 2026, om 10:00 in Jannie se Leeskamer. Stemmet skryf ‘n reeks persoonlike essays wat alledaags is maar tog ook gewaagd raak – soms word selfs ‘n eks-kêrel met smaak onder die bus gegooi …
Hunter Kennedy is dit eens. “Anna-Bet vertel, met ‘n oog vir detail en ‘n tong in die kies, van grootmenskap, braaibroodjies, familie-erfstukke, middernagtelike WhatsApps, en hoenders wat beter ouers is as jy. Hierdie bundel is vir elkeen wat al in ‘n sweetpakbroek op ‘n stoep gesit en wonder het: is dit nou hoe dit eindig? Dis snaaks. Dis sag. Dis skerp. Soos ‘n lekker kombuisgesprek by ‘n andersins vervelige huispartytjie.”
“Hierdie is ‘n raakvat-skrywer wat die lewe se skerp kante sonder fieterjasies of tierlantyntjies onthul, maar dit altyd met sagtheid en deernis balanseer.”
– Andries de Beer
Kliek hier om jou plek te bespreek.
Taal: Afrikaans
Kliek hier vir meer inligting.
