Dit was liefde met die eerste oogopslag toe die Benkensteins die eerste keer kon stap deur Fairview, die historiese Georgiaanse huis.

Wees ons gas in Jannie se Leeskamer op Woensdag 17 Julie vanaf 15:30 tot 16:30 wanneer Jonathan Amid aansluit by skrywer en gastehuis eienaar Philda Benkenstein om deur haar Guesthouse Life te wandel. Soos verwag is dit nie maanskyn en rose om ‘n gastehuis te bestuur nie. Herinneringe, staaltjies, inspirasie, en die wonderlike en soms moeilike gaste se teenwoordigheid kry almal ‘n beurt: hier vind ons eerlike en onopgesmukte insigte en ‘n boeiende, genotvolle vertelling. Meer as agt-en-twintig jaar se ervaring in die bedryf dring eenvoudig aan op ‘n lekker storie of twee!

Stuur gerus ‘n e-pos aan Carin by info@oudeleeskamer.org om plek te bespreek.

Taal: Engels