Herfkrans Werkswinkel vir Kinders (4 April 2023)
Oude Leeskamer nooi kinders (van 6 – 13 jaar oud) om op Dinsdag die 4de April vanaf 9h00 – 11h00 ‘n krans uit herfsblare te kom bou tydens jou skoolvakansie. Bring asseblief ‘n pakkie gevul met verskillende tipes gekleurde blare. E-pos asseblief events@oudeleeskamer.org om jou plek(ke) te bespreek, aangesien plek beperk is (toegang is gratis).