Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Historiese almanak deur Albé Grobbelaar in gesprek met Daniel Hugo op Dinsdag 2 Junie om 14:00 in Jannie se Leeskamer.
Kom luister saam na stories uit die verlede – van skreeusnaakse historiese staaltjies tot aangrypende oomblikke wat weer lewe kry deur Albé se unieke verteltrant. Die radiopraatjie Historiese almanak is reeds vroeg in 1982 die eerste keer op die senders van die ou Afrikaanse Radiodiens (die voorloper van RSG) uitgesaai, in ’n era toe internetnavorsing nog nie moontlik was nie. Hierdie geliefde versameling radiopraatjies en koerantrubrieke beloof om ’n middag vol onthou, ontdek en saamkuier te bied.
’n Viering van geskiedenis, stories en die mense wat dit onthou.
Bespreek jou plek hier.
Taal: Afrikaans
