Sluit asseblief by ons aan vir die bekendstelling van Joha van Dyk se derde boek in haar Branderjaer-sages, Kanniedood, op Donderdag 28 September van 18:00 tot 19:00 in Jannie se Leeskamer. Hierdie afrikaanse jeugboek is gemik op kinders wat 14 jaar en ouer is. Vir meer inligting oor die boek, sien asseblief die inligting hieronder:
Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben ‘Kannie’ Palmer was van plan om sy kop laag te hou. Maar dinge loop van die begin vir hom skeef. ‘n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ‘n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie. En ‘n oorlog wat die gemeenskap in chaos dompel. Kalla kon nog nooit die verlede afskud nie. Die nag wat sy in Niemandsland aangeval is het haar lewe verander. Nou het sy dalk ‘n kans om dinge reg te stel. Om seker te maak daar is nie nog ‘n slagoffer nie. Al moet sy alles om haar afbrand.
E-pos vir Clara by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.