Klassieke Musiek en Wynaand (Vrydag 21 April 2023)

Sluit gerus by ons aan vir ‘n aand van klassieke musiek en wyn saam met die gesoute violis, Petrus de Beer, en welbekende begeleier, Ilse Myburgh op die 21ste April om 18h30 in ons galeryspasie. Die aand sal begin met ‘n komplimentêre wynproe van ‘n plaaslike wynmakery en strek tot ‘n aand van musikale genot. Om jou kaartjie (R175 per persoon) te bespreek, e-pos asseblief vir Clara by events@oudeleeskamer.org.