Sluit op 20 Junie vanaf 10:30 aan by Daniel Hugo in gesprek met Rocco de Villiers oor sy stories, ervarings en meelewings tydens sy toere en optredes regoor Suid-Afrika. Klawer is ‘n besondere boek. Dis ’n ode aan De Villiers se gehoor en ’n viering van die waarde van ervarings, herinneringe en menslike verbintenisse.

Vir musikante is die lewe ’n voortdurende reis – ’n avontuur vol onbekende bestemmings, nuwe plekke en interessante mense. Maar ’n avontuur is nie net ’n fisiese reis nie; dit is ook ’n innerlike reis van groei, ontdekking en inspirasie.

Bespreek jou plek hier.

Taal: Afrikaans