Sluit by ons aan op Saterdag 16 Augustus om 11:00 in Jannie se Leeskamer vir die bekendstelling van Koerie kies koers, ’n nuwe jeugverhaal deur Susanna van der Merwe.
Susanna is ’n storieverteller met ’n voorliefde vir verhale waarin kinders of diere ’n rol speel – “eerlike stories”, soos sy hulle noem. Baie van haar stories het ontstaan uit tyd saam met haar tien kleinkinders, en dis hoe die karakters Koerie, Spikkel en Spoed ontstaan het.
Om elke kind volgens sy of haar unieke persoonlikheid te hanteer, en so die beste in elkeen na vore te bring, is vir haar ’n groot vreugde.
Kliek hier om jou plek te bespreek.
Taal: Afrikaans
