Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van DeWet Bisschoff se Kuberverraad op 17 Oktober om 10:00 in Jannie se Leeskamer.

DeWet tree in gesprek met die skrywer Martin Steyn oor sy jongste boek en die wêreld van spanning, tegnologie en verraad wat daarin ontvou. Fopnuus. Skadu-agente. ’n Land wat wankel. Hoekom word ’n verregse Boeremag weer bewapen? Wie beheer die dwelmhandel op die Kaapse Vlakte?

DeWet Bisschoff is in Pretoria gebore en het op ’n plaas naby Steynsburg grootgeword. Met ’n agtergrond in rekenaarwetenskap en ’n MBA werk hy as senior konsultant by ’n globale firma – ervaring wat hom ’n besondere blik gee op die tegnologiese wêreld waarin Kuberverraad afspeel.

Kom kuier saam vir ’n oggend van boeke, gesprekvoering en ’n kykie agter die intriges van DeWet se tweede boek, Kuberverraad.

Bespreek jou sitplek hier.

Taal: Afrikaans