Kom luister saam na Andrew Murray se gebede in klank op 5 Maart om 12:30 in die galeryruimte. Hierdie nuwe opnames van gebede deur Andrew Murray en sy moeder, is getoonset en gekomponeer deur Laurinda Hofmeyr.
Kom luister saam na Hofmeyr se opnames en neem deel aan haar gesprek oor die skeppingsproses daarvan – waar musiek en teks mekaar aanvul. ’n Geleentheid om diep te luister, saam te besin en die rykdom van Murray se woorde deur klank te ervaar.
Klik hier om jou sitplek te bespreek.
Taal: Afrikaans