Maak Herwinde Versierings vir Jannie se Boom (3 Desember 2022)
Sluit by ons aan op Saterdag die 3de Desember, van 10h00 – 12h00, vir ‘n prettige oggend om Kersversierings van herwinde materiaal te skep om Jannie se Boom te versier. Alle laerskoolkinders is welkom en materiaal verskaf! Stuur asseblief ‘n e-pos aan events@oudeleeskamer.org om jou kind se plek te bespreek (gratis toegang), aangesien ons beperkte spasie het.