Bekende regisseur en bekroonde skrywer Louis Pretorius, wie se roman Kompleks die 2025 Scheepersprys vir jeugliteratuur gewen het, is terug met sy tweede jeugroman, ’n Jaar in my lewe.

In hierdie aangrypende nuwe werk neem Pretorius lesers saam op ’n eerlike en deernisvolle reis deur die draaie van identiteit, herinnering en groei. Met sy kenmerkende fyn humorempatie en skerp waarneming skep hy ’n storie wat jou lank ná die laaste bladsy bybly.

Ons nooi jou hartlik uit na die boekbekendstelling op Donderdag 20 November om 18:00 in Jannie se Leeskamer, waar Louis van der Riet met Louis Pretorius sal gesels oor die boek en die inspirasie daaragter.

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans